Gaan na inhoud

Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by Wikipedia,
Donderdag, 22 Januarie 2026
Hier is tans 127 817 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Voorbladartikel
Territoriale ontwikkeling tussen 1390 en 1530.

Die Grootvorstedom Moskou (Russies: Великое княжество Московское, Welikoje knjazjhestwo Moskofskoje), of bloot Moskowië (van die Latynse Moscovia), was 'n vorstedom, of prinsdom, van Kiëf-Roes tydens die laat Middeleeue. Dit was om Moskou gesentreer en was in die vroeë moderne tydperk die voorloperstaat van die Tsaredom Rusland. Dit is regeer deur die Rjoerik-dinastie, wat sedert Kiëf-Roes se stigting die heersers was.

Die staat het ontstaan in 1263, toe die prins van Wladimir-Soezdal, Aleksander Nefski die grootvorstedom gestig het as erfdeel vir sy seun Daniël I. Moskowië was aanvanklik 'n vasalstaat van die Goue Horde wat heffings aan die khans betaal het en troepe verskaf het vir hulle oorloë.

Moskou het sy moederstaat Wladimir-Soezdal teen die 1320's oorskadu en later verskeie bure geannekseer, insluitende die Republiek Nowgorod in 1478 en die Vorstedom Twer in 1485. Dit het tot 1480 'n vasalstaat van die Goue Horde gebly totdat dit die horde verslaan het, hoewel daar gereeld opstande en verskeie geslaagde veldtogte teen die Mongole was. Een daarvan is 'n opstand wat deur Dmitri Donskoi gelei is teen die destydse leier van die Goue Horde, Mamai, in die Slag van Koelikowo in 1380.

Iwan III het die staat in die 43 jaar van sy bewind verder gekonsolideer en veldtogte gevoer teen sy grootste oorblywende teenstander, die Groothertogdom Litaue. Teen 1503 het hy sy ryk verdriedubbel. Iwan se opvolger, Wasili III, het ook militêre suksesse behaal en Smolensk in 1512 van Litaue afgeneem; hy het Moskou se grense tot by die Dnjepr verskuif. Wasili se seun, Iwan IV (later bekend as "Iwan die Verskriklike") is in 1547 gekroon en het die titel "tsaar" aangeneem. Hy het ook die Tsaredom Rusland (Царство Русcкое, Tsarstwo Roesskoje) gestig.

...lees verder

In die nuus
Die Afrikanasiesbekertrofee waarom meegeding is
Die Afrikanasiesbekertrofee waarom meegeding is

Het u geweet...

... dat daar sedert 30 Januarie 2017 'n gemeenskaplike landgrens tussen die Afrika-unie en die Europese Unie is? Die twee klein eksklawes Ceuta en Melilla van die EU-lidland Spanje grens aan die AU-lidland Marokko.

... dat die koffiebone waarmee koffie gemaak word nie regtig boontjies is nie? In werklikheid is hulle die sade van die vrugte van die koffieplant.

... dat Suid-Afrika die VSA gehelp het met intelligensie as deel van ECHELON? By die Silwermyn Natuurreservaat is antennes wat sedert die 1970's vir spioenasie gebruik is.

... dat broom en kwik die enigste twee elemente is wat in suiwer vorm as 'n vloeistof by kamertemperatuur voorkom?

... dat Hattie McDaniel die eerste Afro-Amerikaner is wat 'n Oscar gewen het?

Vandag in die geskiedenis

22 Januarie: Uniedag in Oekraïne (1919).

Die Slag van Isandlwana
Die Slag van Isandlwana

Voorbladbeeld
'n Stormbandpikkewyn (Pygoscelis antarcticus) op Deception-eiland in Antarktika.
Vind artikels

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Krieket  Politiek  Rugby  Sport  Vlae en wapens  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolفارسیFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Català
Weergawes met meer as 500 000 artikels
تۆرکجهНохчийнČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarça
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekchaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLadinLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipKiswahiliதமிழ்తెలుగుТоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
aragonésБашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeگیلکیHausaKreyòl ayisyenIdoÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschlombardമലയാളംمازِرونیPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaŚlůnskiTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia

Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering